Translate

Saterdag 13 Mei 2017

Moedersdag 2017

Moedersdag Geskenkies

Hallo almal!
Ek kan nie glo dat ek so lanklaas 'n post geplaas het nie.  Ek vra onverskoning.
Aan die ander kant het ek eintlik besluit om slegs goeie kwaliteit posts te plaas wanneer ek regtig ietsie het om met julle te deel, in teenstelling daarmee dat ek 3maal 'n week probeer blog het en dan so hard moes dink aan goed om vir julle te vertel.  Dit haal die genot bietjie uit die blog-ding uit en ek wil net vir julle die beste kwaliteit leesstof, foto's en inspirasie hier op RC Handgemaak bied :)

Daar het so baie dinge gebeur hierdie laaste paar maande vandat ek laas met julle gesels het dat ek skaars kans gehad het om 'n stekie naaldwerk te doen!
Maar my masjien is weer uitgepak en afgestof en ek moes net agter hom inskuif en ietsie kreatief maak, al lyk dit nog of 'n orkaan my nuwe naaldwerk nessie getref het!!! hehehe


Wat dink julle?
Heel snoesig, neh.
As my blog nou nie klaar 'n naam gehad het nie sou ek dit beslis "Die Pienk Kamer" genoem het
thiehiehie
Dis nou my voor foto, ek sal nog bietjie organiseer en dan wys ek weer vir julle :)

Waar was ek nou eintlik??
Oja!!  Moedersdag!! ♡

Ek wou graag vir al die moeders in my lewe ietsie spesiaal maak hierdie jaar, maar soos altyd het ek dit weer bietjie laat gelos (onthou dat die masjien diep weggebȇre was!) en sal ek nie die geskenkies voor môre by hul kan kry nie.  Omdat ons so ver van almal af is.

Tog wou ek dit graag met julle deel.  Daar is iets besonders daaraan om my handgemaakte goedjies met julle te deel en ek mis my blog ongelooflik baie.  Ek kan mos nie die kans laat verbygaan nie!
Maar ek wil ook nou nie die verrassing vir die Moeders bederf nie.....

...so ek gaan net 'n paar skelm foto'tjies wys en jul sal nooit kan raai wat dit is nie!! 
 Ek het besluit om dit vir hul te pos - wanneer laas het jy ietsie spesiaal in die pos gekry??
Dan sal ek jul later weer update wanneer hul dit gekry het :)




Wat dink julle van die creative juices? :)
Wat doen julle hierdie naweek om jul Moeders te bederf?
 'n Lekker warm ontbyt in die bed en 'n hele dag se koffie aandra terwyl sy net haar pantoffels onder die kombers kan sit en lees klink vir my na die ideale bederf vir hierdie koue weer wat ons hierdie naweek oorval :D

Ek wens alle MOEDERS 'n baie mooi moedersdag toe, vol bederfies, drukkies en soentjies en die geselskap van die mense wat vir jou lief is

Warm Groete
RC
 x❤x 

1 opmerking:

  1. Nou gaan ek darem die posbus met valkoé dophou !!!!! Ek is nou lekker nuuskierig hehehe Dit lyk baaaie interessant en kleurvol hehe xxx

    AntwoordVee uit