Translate

Maandag 11 Desember 2017

Basiese Naaldwerk Reeks - Les #6

Hoe om 'n Naaldwerk Masjien te Bedraad

& die Bobbin op te Wen

*Hierdie post bevat affiliated links.
Lees my disclaimer 
 
Vandag gaan ek julle wys hoe om jou masjien met gare te bedraad, maar eers moet ons die bobbin (onderste garetolletjie) vol gare maak..

Hoe om die Bobbin op te wen

1.  Sit die groot gare* tol op die gare tol pennetjie.

2.  Vat die punt van die gare vas en haak dit om die knoppie bo-op die gare gids.

3.  Wen die gare nou kloksgewys om 'n leȅ bobbin* (onderste garetolletjie) en sit dit op die bobbin opwen assie - sodat die gare aan die kant naaste aan die groot gare tol uitkom.

4.  Druk dan die bobbin opwen assie na die opwen rem (regs) totdat dit 'n "klik" geluid maak.

5.  Trek nou die hand wiel uit totdat dit ook 'n "klik" geluid maak.

6.  Trap nou versigtig op die voet pedaal sodat die opwen assie kan spin.
Hou aan, totdat die bobbin vol genoeg is.

7.  Druk nou weer die opwen assie weg van die opwen rem af (links) totdat jy 'n "klik" hoor.

8.  Druk nou weer die hand wiel in totdat jy 'n "klik" voel.

9.  Haal die bobbin van die opwen assie af en knip die gare.

...en dis hoe mens die bobbin* opwen!!

Hoe om 'n Naaldwerk Masjien te Bedraad

 Nou het jy 'n groot gare tol, vir bo, en 'n klein gare tolletjie - die bobbin, vir onder.
Kom ons kyk hoe jy jou masjien bedraad, sodat jy kan begin stik.

Ons begin by die boonste gare
 1.  Sit die boonste gare* op die gare tol pennetjie.


2.  Vat die punt van die gare vas en haak dit aan die gare gids aan die teenoorgestelde kant van die masjien.


3.  Vat die gare nou oor die spannings wiel en af in die gleufie,
om die onderste punt en weer op met die volgende gleuf, 
dan om die hefboom arm en weer af in dieselfde gleuf.
My masjien het oulike pyltjies wat vir jou 'n aanduiding gee wat jy moet doen.
 

4.  Haak nou die gare om die onderste gare gids en steek die punt deur die naald* se oog (partymaal 'n bietjie makliker gesȇ as gedaan!)

...en dis die boonste gare afgehandel!!  :D

 Nou vir die onderste gare
  1.  Verwyder die verlengings tafel en maak die dekseltjie oop.
Haal nou die bobbin houer* uit deur dit aan die hefboompie te vat.

  2.  Plaas dan die bobbin in die bobbin houer.
Die gare en die gleuf in die bobbin houer moet alby weg van jou wys.


3.  Trek dan die gare in die gleufie en onder die spannings plaatjie op die bobbin houer in, totdat dit netjies in die opening ingly.
(mens het gewoontlik twee hande hiervoor nodig)


4.  Sit nou die bobbin houer weer terug in die masjien, met die armpie na bo.
Let wel:  Jy moet aan die hefboompie vashou, anders sal die bobbin houer nie in die masjien pas nie - dit is 'n veiligheid meganisme.


Nou moet ons die onderste gare bo die naaldplaatjie kry.
5.  Vat die boonste gare met jou linker hand vas,
draai die hand wiel na jou toe (anti-kloksgewys), sodat die naald eenmaal af en weer op gaan,
dit sal die onderste gare deur lig, trek dan die onderste gare heel deur.
Vou nou albei gare drade onder die drukvoetjie* deur.


6.  Maak die dekseltjie toe en sit die verlengings tafel terug.



Dis hoe 'n mens 'n naaldwerk masjien bedraad.
Nou is ons reg om te stik!!

Jou masjien mag dalk van myne verskil, maar meeste masjiene werk tog op hierdie basiese prensiep.
Laat weet my as jy sukkel!!

Find the English version here.

Groete
RC
xxx

7 opmerkings:

  1. Dis nou baie mooi duidelik, as mens nie met die aanwysings regkom nie, dan kan jy dit maar los hehehe Dis baie beter as die boekie se aanwysings :)

    AntwoordVee uit
  2. Die onderste garing wil nie deurtrek boontoe nie. Al die aanwysings gevplg. Het gewerk en toe is die onderste garing klaar. Bobbin weer garing opgesit, en nou wil die garing nie van onder af deurtrek nie. As jy werk maak die masjien nie steke nie.

    AntwoordVee uit
  3. Hallo.
    Jy het seker al lankal reggekom met die masjien? Is die garing tolletjie regom in die bobbin houer? Mens moet ook 'n langerige stukkie garing afrol van die bobbin af sodat die boonste garing dit kan "bykom".
    Laat weet asb of jy reggekom het en wat die fout was.
    Groete RC

    AntwoordVee uit
  4. Antwoorde
    1. Hi daar. Al eenvoudige antwoord wat ek daarvoor het is dat die gare tolletjie dalk verkeerdom in die bobbin houer is. Anders kan van die masjien se dele dalk gebuig wees en daarvoor sal mens die masjien liefs na 'n werktuigkundige moet vat om na te gaan.

      Partymaal help dit ook om die masjien deeglik skoon te maak en te olie, miskien kan dit die probleem oplos. Ek het ook 'n handige post daaroor geskryf.

      Hoop die inligting help

      Groete
      RC Handgemaak 💙

      Vee uit
  5. Goeidag x wil net weet hkm gaaring oprol en vasit binne by bobbin

    AntwoordVee uit
  6. Hi! Lyk my dis 'n algemene probleem hierdie. Dit is baie moeilik on te antwoord sonder om self die masjien te sien.
    Al praktiese raad wat ek kan gee is om seker te maak dat die bobbin egalig opgewen is en dat die tolletjie regom in die bobbin houer is. Maak ook doodseker om nie die handwiel (wat die boonste naald op en af laat beweeg) in die verkeer rigting te draai nie - dit laat die gare beslis koek en kan die masjien beskadig.
    probeer ook om die masjien deeglik skoon te maak en te olie. Ek het twee tutoriale daaroor - Les #3 en Les #4

    Hoop dit help

    Groete
    RC HANDGEMAAK 💙

    AntwoordVee uit