Translate

Maandag 04 Desember 2017

Basiese Naaldwerk Reeks - Les #5

Masjien Naalde

*Hierdie post bevat affiliated links
 
Die naald* is 'n baie klein, maar baie belangrike deel van jou masjien.
Daarsonder sou jy eenvoudig net nie kon stik nie, en stomp of beskadigde naalde kan tot menige probleme ly, van gemiste steke tot gehaakte materiaal! 

Naalde is 'n relatief goedkoop part om te varvang - veral in vergelyking met die pragtige materiaal waarmee jy werk.  So as jy twyfel, vervang dit eerder as om te sukkel.
Daar is mense wat aanbeveel dat jy 'n nuwe naald gebruik vir elke projek.
Gaan lees by Les #2 - hoe om jou masjien skoon te maak, hoe om te kyk of daar 'n haakplek aan jou naald is.

Die Dele van 'n Naald

Jammer vir die Engelse byskrifte.  Ek het die prentjie probeer oorteken, maar dit het meer na een of ander gevaarlike wapen as 'n naald gelyk hehe

Verskillende Soort Naalde

Hoe om die Regte Naald te Kies

1.  Eerstens moet jy die soort naald kies, gebasseer op die materiaal konstruksie - dit beteken of die materiaal geweef of gebrei is.
* Die universele naald is 'n goeie keuse vir allerdaagse gebruik, jy kan geweefde en gebreide materiaal daarmee stik.
 * Sharps - geweefde materiaal
* Die bal punt - gebreide materiaal 
*  Rek - elastiese materiaal
Jeans - Denim
*  Kwilt - stik die lae van 'n kwilt
*  Leer - leer en vinyl

Dan kies jy die grootte van die naald volgens die gewig van die materiaal en die gare - dunner naalde vir baie fyn, ligte materiaal en dikker naalde vir growwer, swaarder materiaal.
Daar is twee stelsels waarvolgens die grootte van naalde ingedeel word.
Die Amerikaanse en Europese stelsels.
Amerikaanse naald groottes loop van 8 tot 19 en Europese groottes van 60 tot 120.
Hoe groter die getal, hoe dikker is die lem van die naald, bv. 'n grootte 75 se lem het 'n deursnee van 0.75mm 

Die naalde van 'n gewone naaldwerk masjien verskil van dié van 'n industriële masjien, so maak seker dat jy die regte soort koop.

Hier is 'n handige tabel

Volgende week gaan ek julle wys hoe om jou masjien te bedraad en die bobbin op te wen.

Read the English version here

Groete
RC 
xxx 

B01GNBIQLO 
stel universele naalde* beskikbaar op Amazon

3 opmerkings:

  1. hoekom as ek naald vervang bly die naald uitkom platkant moet agter wees nie waar nie draai lis sit naald in draai vas?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. By les #2 het ek stap vir stap verduidelik hoe om die naald te vervang wanneer mens die masjien skoonmaak 😊

      Vee uit
  2. Hi
    Gits. My masjien se naald se plat kant moet agter toe wys en dan draai mens dit vas.
    party masjiene kan dalk verskil of die masjien se skroef wat die naald vashou is dalk beskadig. Hoop jy het al reggekom en doen weer lekker naaldwerk.
    groete

    AntwoordVee uit