Translate

Woensdag 24 Mei 2017

Worshond Jassie - VERKOOP

Grys en Blou Worshond Jassie - R90

 Na aanleiding van die gewildheid van my vorige post oor die hondejassies wat ek gemaak het, het ek geweet dat ek beslis hierdie winter nog 'n paar jassies sal moet maak om op Hello Pretty te sit :)

Ek het besluit om te begin met jassies wat vir worshonde pas, want dit is die modelle wat ek het om mee te werk ;)
Ek sal stelselmatig ook ander groottes maak, as daar genoeg belangstelling is.
Ek sal ook weer jassies op bestelling maak met die honde se mates, want dit was laaskeer darem suksesvol.  Ek moet net eers weer uitvind waar die materiaalwinkel is!!


Kyk net hoe mooi!!
Die jassie pas vir my so perfek en die materiaal vou so lekker om die lyfie.


Ek het die grys gekwilte materiaal spesiaal gekoop vir die projek.  Dit lyk vir my so stylvol ;)
Ek het die binnekant met sagte baba blou flennie gevoer en met bypassende blou skuinsstrook omgeboor.  Die jassie maak met dubbel klitsgras voor by die bors en onder die magie vas.  So dit is nie nodig vir die hondjie om elke keer gerek en gestrek te word wanneer die jassie aan en uit getrek word nie.  Dit is my gunsteling deel van hierdie ontwerp.
Hierdie jassie pas ook vir seuntjie-hondjies (as julle weet wat ek bedoel *knipoog*)

Ek gaan ook nog 'n pienk - en 'n pers jassie maak met dieselfde grys.
Ek sal die modelle net bietjie meer moet betaal, want ons het nou nie 'n dogtertjie-model nie ;)

Die jassies is op my Hello Pretty Winkel beskikbaar @ R90 elk.


Die jassies kan ook bietjie gepersonalize word deur 'n filt letter in een van die agterste hoeke aan te bring teen 'n ekstra R10.

 Vir meer inligting kontak my by rchandgemaak@gmail.com

Geniet die res van die herfs weer!!
Die worshonde het omtrent pret met al die blare 

Groete
RC
xxx

1 opmerking:

  1. Ag ouma se oudste oulikste kleinkind!!! :) Ek is seker daar is 'n ou hondjie wie se baas vir hom so 'n jassie gaan koop hehe Dit lyk regtig lekker snoesig xxxx

    AntwoordVee uit