Translate

Saterdag 20 Mei 2017

PlaasDiere Stilboekie - VERKOOP

Diere Stilboekie 2: Plaas Diere - VERKOOP


TA DA!!!
Julle het seker nie gedink dat julle so gou weer van my sal hoor nie neh?? :P
Dit voel of ek nogal op dreef is met die projekte, maar eintlik was die boekie baie naby aan klaar voor ons begin trek het en ek moes hom basies net aanmekaar sit ;)

Ek het die boekie op bestelling gemaak vir dieselfde tannie wat die ander diere stilboekie by my gekoop het.
Sy sȇ dat daardie dogtertjie so lief is vir die boekie en dat hy oral saam moet gaan - dit maak my hart sommer warm om dit te hoor!!
Die bestelling was vir 'n soortgelyke boekie en ek het toe op 'n plaas tema besluit, omdat dit hierdie keer vir 'n seuntjie bedoel is :)
En ek wou so graag 'n trekker in die boekie sit.
Ek is heel in my skik met hom, want die agterste wiel kan draai!!! :D
Die boekie is weer bedoel vir 'n klein baba, so ek het gesorg dat daar geen los deeltjies is nie en dat alles stewig vasgewerk is.




Ek het weer verskillende materiaal vir die agtergrond gebruik om kleur en tekstuur aan die boekie te gee.
Natuurlik moet daar 'n windpomp ook op die plaas wees.
Die hoender hennetjie spog met 3 spierwit eiers.


Die skapie is lekker sag en wollerig.  Hy is meeste mense se gunsteling.


Blommie die koei kou aan 'n blommetjie.
Ek hoop dat hulle tevrede sal wees met hoe die boekie uitgekom het :)
Nou sal ek maar moet begin met die volgende een!!
Groete
RC
xxx

1 opmerking:

  1. Jou nuwe naaldwerkkamer lyk so lekker vrolik, jy gaan sommer lekker nuwe goed daar wil maak =) Ek hou baie van die buiteblad, dit sé dadelik PLAAS !! Elke blad is met liefde en sorg gemaak =) xxx Ek sien elke keer word die boekies al hoe beter hehehehe een van die dae gaan jy by die ekspets verby hehehe xxxxx

    AntwoordVee uit