Blou, Grys & Room African Flower Olifant

Hierdie olifantjie was 'n baie spesiale bestelling. Hy voel vir my soos
royalty, want hy is die prys vir 'n gelukkige trekker van 'n raffle wat die Addo Olifant Park gaan aanbied!!! Kan julle dit glo?? :)
Ek dink ek sal beslis ook 'n lootjie moet koop sodat ek ook 'n kans kan staan om hom te wen ;)
Ek sal al die besonderhede vir julle post sodra hulle dit vir my aangestuur het.

Ek kan nie wag om hom hierdie week te gaan pos nie!! Ek hoop dat hul tevrede sal wees met my keuse vir die kleure. Ek dink hul komplimenteer mekaar pragtag.
Ek is gaande oor hierdie vrou se patrone. Sy het al 'n hele reeks diere-patrone uitgewerk met die
african flower motief. Ek dink dit is briljant!! Al die verskillende vormpies (van vier- tot agthoeke) pas so inmekaar dat dit die diertjie se lyf vorm.
Ek is nou hoeka besig met 'n bont seekoei. Hoop dat ek hom binnekort sal kan
post.

Die patroon is te koop beskikbaar by heidibearscreative.blogspot.com en ook op haar ravelty blad.
Vir die van jul wat graag brei of hekel en nog nie weet wat ravelry is nie, gaan gerus na www.ravelry.com. Daar is oorgenoeg patrone om enigiemand gelukkig te hou en boonop is meeste van hulle heeltemal gratis! :)
Laat ek gaan hekel aan daardie seekoei-maatjie!!
Groete
RC
xxx