Blou, Grys & Room African Flower Olifant
Ek dink ek sal beslis ook 'n lootjie moet koop sodat ek ook 'n kans kan staan om hom te wen ;)
Ek sal al die besonderhede vir julle post sodra hulle dit vir my aangestuur het.
Ek kan nie wag om hom hierdie week te gaan pos nie!! Ek hoop dat hul tevrede sal wees met my keuse vir die kleure. Ek dink hul komplimenteer mekaar pragtag.
Ek is gaande oor hierdie vrou se patrone. Sy het al 'n hele reeks diere-patrone uitgewerk met die african flower motief. Ek dink dit is briljant!! Al die verskillende vormpies (van vier- tot agthoeke) pas so inmekaar dat dit die diertjie se lyf vorm.
Ek is nou hoeka besig met 'n bont seekoei. Hoop dat ek hom binnekort sal kan post.
Die patroon is te koop beskikbaar by heidibearscreative.blogspot.com en ook op haar ravelty blad.
Vir die van jul wat graag brei of hekel en nog nie weet wat ravelry is nie, gaan gerus na www.ravelry.com. Daar is oorgenoeg patrone om enigiemand gelukkig te hou en boonop is meeste van hulle heeltemal gratis! :)
Laat ek gaan hekel aan daardie seekoei-maatjie!!
Groete
RC
xxx
Ag kyk die ou stertjie!! Dis te pragtig en die KLEURE......dit pas perfek, of dit nou vir 'n seuntjie of dogtertjie of vir ouma of oupa is, dit pas by almal =) Jy sal vir seker die details moet gee dat almal lootjies kan koop xxxx
AntwoordVee uit