Translate

Donderdag 29 September 2016

Cuddly Mini Flennie Kwilt - Blou

Blou Cuddly Mini Flennie Kwilt - R375

Ek het vir weke gebrand om hierdie kombersie te maak en die materiaal het hier reg en gewas gele, maar daar het net elke keer iets bly voorval.  Nou is hy darem klaar en die eindresultaat is lieflik!!  Ek oorweeg dit defntief om 'n groot een te maak wanneer die winter weer aankom.  Dis mos nie net baba's wat hou van cuddle in die koue nie :)


Beskrywing:  Cuddly baba kombersie met flennie agterkant wat om die cuddle vou om 'n mooi randjie aan die voorkant te vorm


Materiaal:  Cuddle materiaal en flennie


Kleur:  Cuddle - baba blou
Flennie - baba blou met wit windpomp motief en Afrikaanse frases


Mates:  90x90cm


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie kombersie te koop.

Die patroon is beskikbaar by www.sew4home.com

Groete
RC
xxx  

Dinsdag 27 September 2016

Sterretjie Stilboek

Sterretjie Stilboek -R340

Ag ek is so in my skik met hierdie stilboekie :) dit was heeltemal my eie idee en lekker vinnig om te maak, so nou is hy darem bekostigbaar ook.


Ek en my ma het lank terug al hierdie masjien stikwerk begin doen en toe ek hierdie oulike figuurtjies kry het ek geweet dat ek 'n stilboekie van hulle moet maak :)



Beskrywing:  Klein stilboekie met masjien geborduurde figuurtjies.


Materiaal:  Die binne bladjies is van ongebleikte linne en die buiteblad en figuurtjies van kwilt katoen.


Kleur:  Swart geblomde buiteblad.
Wit binneblaaie met verskillende kleur figuurtjies.


Mates:  19x19cm x 3cm dik


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie boekie te koop.








Dis die lieflikste weer hier vandag!!  Net reg vir koffie drink en blog en naaldwerk doen :)

Groete
RC
xxx  

Saterdag 24 September 2016

Lente Give-Away!!!

Pienk Hondjie Lovey Give-Away!!

Ek het besluit om vir een gelukkige leser van my blog ietsie te gee :)
Ja, dis heeltemal gratis!!


Al wat jul moet doen om in aanmerking te kom vir die trekking is om 'n comment, met jou naam en epos adres, onder aan hierdie post te los.
So maklik soos dit!!


Die trekking sal op 8 Oktober 2016 plaasvind.
Ek sal die wenner via epos in kennis stel

Good Luck!! 

Groete
RC
xxx 

Donderdag 22 September 2016

My Seisoene Stilboek - Lente

My Seisoene Stilboek

Lente

Mens kan nou maar se dis waar die stilboek-gogga my gebyt het.  Hierdie boek is vir my nogal spesiaal en ek bere hom vir eendag ;)

Die stilboek handel oor die 4 seisoene.  Ek sal hul so een-vir-een post :)

 VOORBLAD


LENTE


Op die eerste blad is dit lente.  Baie blommetjies en 'n reenboog laat my aan die seisoen dink :)


Op die linkerblad het ek elke keer die naam van die seisoen geskryf.  Ek dink dis goed dat kinders van baie jongs af aan hul moedertaal blootgestel word, al kan hul nog hoegenaamd nie lees nie.




Natuurlik sal daar nog 'n paar donderbuie wees in die lente, anders sal daar mos nie reenboe kan wees nie!!  Die blou wolkie kan afhaak en dan skyn die son.  Die reendruppels kan ook invou en dan is dit net 'n bewolkte dag :) eindelose kombinasies!



Al die goggatjies het 'n magneet in en kan van hul blommetjie na die ooreenstemmende kleur op die reenboog skuif.  Die blommetjies en reenboog het eenvoudige staal wastertjies aan(my slim man se idee!) en dit werk nogal verbasend goed :)




Binne-in die boomstomp bly 'n bytjie-koningin wat aan 'n lintjie vas is en sy kan ook by die blommetjies gaan kuier...


 ...en agter die stomp bly 'n krimpvark-gesinnetjie!!  In die lente het al die diere mos babatjies ;)




'n Voeltjie het ook haar nessie in die boom gemaak met twee klein kuikentjies wat al uitgebroei het.


En natuurlik moet daar 'n paar donsige skapies tussen die pienk blomme wei.  Hul is seker nog dragtag, want daar is nog nie lammertjies nie ;) hehehe

Dit was nogal bietjie van 'n gesukkel om die boek aanmekaar te sit en ek het darm al 'n paar dingetjies geleer vandat ek hierdie eerste boek gemaak het.  Een daarvan is om 'n groot genoeg naattoelating by die rugkant van die boek te laat wanneer jy begin.  Ek laat nou 3cm aan bv. die linkerkant van hierdie lente blad en 2cm om die res van die sye vir die skuinsstrook.
Ek eksperimenteer ook nou 'n bietjie met verskillende metodes om die boeke te bind.  Danksy ander gawe bloggers wat hulle idees met ons deel :)

Skoonsus het mos ook 'n seisoen stilboek bestel, maar hy is so bietjie aangepas van hierdie een af.  Ek moet nou nog bietjie inspirasie kry en solank die plan teken vir die herfs blad (dis reg!!  Lente en somer is al klaar, maar jul kan maar nog bietjie nuuskierig wees :P hehe) dit gaan die 'tel' blad wees, maar sal nog bietjie moet kopkrap oor daardie een.

Geniet die lente!!

Groete
RC
xxx

Dinsdag 20 September 2016

Slaapbroek

Blou Blommetjie Slaapbroek

Uiteindelik het ek sover gekom om my slaapbroek aanmekaar te stik!!  Ek het so spesmaas dat ek iewers 'n foutjie begaan het met die naattoelating, maar die patroon is gelukkig ruim genoeg dat dit nie saak maak nie :) Nou is ek reg vir die winter! ;)


Lekker sag en snoesig



'n Bree rek is lekker gemaklik


Ek het nie 'n omkap masjien nie, so toe zig-zag ek sommer die binnekant van die nate, sodat dit nie uitrafel nie.  Sal nog laat weet hoe dit gewerk het ;)

Nouja
TOT LATER!!

Groete
RC
xxx 

Donderdag 15 September 2016

Materiaal - Kabouters

Materiaal - Kabouters

Sjoe!!  Hierdie week gaan alweer so dol en vinnig dat ek niks klaargemaak kry waaroor ek kan blog nie!!  Toe besluit ek maar om vir jul die mooi materiaal te wys wat ek laas naweek gekoop het, voordat die week omgaan sonder 'n post :)

Dit is net perfek vir stilboeke en ek het 'n idee Skoonsus gaan hiervan vir haar stilboek se buiteblad wil he :) (Is die tegnologie nie wonderlik nie?  Nou kan sy ook solank kyk en besluit sonder dat ons die duisend-of-wat km tussen ons moet oorsteek!)

Nouja, hoop jul geniet dit :)



 




 




Groete
RC
xxx

Dinsdag 13 September 2016

Rose

Op die oomblik geniet ek en die sosages ons tuintjie so baie met die lieflike lente weer.  Almal kan mos doen met 'n bietjie natuurlike inspirasie.  So toe dink ek dat ek so af en toe die mooi blommetjies met jul gaan deel.  Ons kan tog nie heel dag binne sit en naaldwerk doen as dit so pragtag is buite nie!!

Hoop jul geniet dit :)

ROSE


Ek was so verras en opgewonde toe die ou verwaarloosde roosboom begin knoppies maak!!  (nie dat ek veel weet van roosbome snoei en bemes nie!  Ek gee maar net water en geniet die blomme!)



en hulle ruik toe so lekker!!




Dis die pragtage verassing wat ons gister kry toe ons na die vakansietjie by die huis kom :)
Ek het vanoggend 'n paartjies gesny om in my kombuis te sit, dalk moet ek een vir my lessenaar ook sny vir inspirasie om weer aan die gang te kom na die vakansie ;)

Nouja, laat ek weer bietjie agter die masjien inskuif.

Groete
RC
xxx