Translate

Donderdag 12 Oktober 2017

Masjien Caddy

Naaldwerk Masjien Caddy

English version below ↡

Vandag wys ek vir julle wat ek hierdie jaar vir party verjaarsdae geskenke gemaak het.
Ek dink dis 'n baie handige geskenkie - dis nou te sê as die persoon naaldwerk doen, ek moes 'n paar ander planne ook uitdink シ

Jy weet hoe jou skêr altyd die vermoё het om onder die materiaal of patrone te verdwyn, die snippermantjie altyd in die pad is en op die ou ent om geskop raak, dat jy net gare en snippertjies sien trek en jy nooit weet waar om die spelde in te steek wat jy uithaal soos jy stik nie?
Wel hierdie oulike sakkie sal sorg dat al daardie probleme iets van die verlede is!  Dis nou te sê, wanneer jy gewoond raak om alles op hulle plek te sit.  Later sal jy die skêr soek en dan het jy hom al die tyd mooi op sy plekkie gebêre! :P


Kyk net hoe oulik!
Heel links is 'n groterige sakkie vir al die garetjies en materiaal snippertjies en dan is daar nog 3 smal sakkies vir jou skêr, pen/potlood en lineaaltjie.  Alles wat jy nodig het op een plek en gerieflik byderhand.


Die patroon en tutoriaal is beskikbaar by howjoyfulblog.com 

Sy wys ook hoe om 'n oulike speldekussing te maak wat aan die caddy pas.

Hier is die ander caddy wat ek vir skoonsus gemaak het met die materiaal wat ek so ruk terug vir julle gewys het.
Ek hou van die kleur kombinasies シ
 (jammer vir die swak foto, ek het vergeet om mooi foto's vir julle te neem voordat ek dit toegedraai het)

 Hier is my betroubare ou caddy'tjie.
Sien, alles mooi op hul plek シ
Ek is nou jaloers op die ander en wil vir my ook 'n nuwe een maak hehe

Ongelukkig is daardie mooi beige materiaal nou op, maar miskien koop ek sommer spesiaal vir my ;)

As jy graag my blog lees, dan moet jy my asb op Bloglovin' volg.
Dis 'n lekker manier om op hoogte te bly van jou gunstelling blogs.

Sien julle môre weer met 'n Engelse post uit die argiewe.

Groete
RC

Sewing Machine Caddy

 Today I am showing you something that I made for a few birthday gifts this year.
It is a very handy little prezzie - if the birthday girl sews that is!  I had to come up with a few other gifts as well シ

You know how you are always losing your scissors, knocking over the paper bin - sending bits of thread and fabric flying - and how you never know where to put those pins you take out as you sew?
Well this caddy could be the solution to all your problems!!  Once you get into the habit of putting everything in its place, that is.  You will find yourself looking for your scissors, just to realize that it's been neatly tucked into its pocket!! haha


On the left there is a big pocket for all the thread and fabric scraps and to the right there are 3 narrower pockets for your scissors, pen/pencil and ruler.
Everything you need in one place and right at hand.


You can find the tutorial @ howjoyfulblog.com

She also shows how to make a pincushion to hook onto the caddy,


Here is one that I made with the fabric that I showed you a while back.
(Sorry for the poor quality picture, I forgot to take nice photos for you before wrapping it)


Here is my trusty old caddy.
See - everything in its place.
I'm a bit jealous of the other caddys now and I want to make a new one for myself.

If you like reading my blog,
please follow me on Bloglovin'
It's a nice way to keep up with your favourite blogs.

I'll see you back here tomorrow with a translated post from my archives.

Best Wishes
RC

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking