Hoe om jou eie Wurmplaas te begin
Ek
het maar besluit om 'n nuwe blad vir hierdie een te begin, want dit val
nie vir my so lekker onder die "tutoriaal' katogorie nie ;)
Dit
voel vir my altyd net so verkeerd om die skille en ander kombuis afval
in die vullisdrom te gooi as ek weet dat ek die lekkerste kompos vir my
tuin daarmee kan maak!!
Aan
die ander kant het ek 'n baie snoep klein worshond wat 'n lus het vir
alles wat vrot is en worshond-magies laat pyn. So 'n eenvoudige hoop in
die hoekie van die tuin is uit. Ma + Pa moet 'n ander plan beraam. So
moet dit elkgeval in een of ander vorm van 'n kas of houer geplaas
word. Van daar die idee om die erdwurms by te sit. Hul verg wel 'n
bietjie meer beplanning as 'n ou gewone komposhoop, maar hul moet die
proses beslis 'n bietjie aanhelp, want soos meeste mense wil ek ook
sommer dadelik weer die kompos in die tuin kan gebruik!! (Okey, die
wurmpies is ook nie soooo vinnig nie, maar dit moet darm help. Ek sal
later weer laat weet wanneer ek die eerste swart-goud kon oes)
...en!!
Nou is daardie harde werk om die hoop elke week te draai ook iets van
die verlede, daar is mos nou klomp klein helpertjies wat dit vir mens
doen!! :)
Daar
is natuurlik baie maniere om 'n erdwurmplaas te bou, maar ek het
meestal herwinde materiale gebruik wat ek bymekaar gemaak het, so dit
lyk nou nie heeltemal so fancy soos van die prentjies op die net en in tuinboeke nie, maar dit dien dieselfde doel!
Hier is wat ek gedoen het:
Benodighede
1. 'n Geskikte kas. Dit kan 'n plastiek kas wees waarin jy gaatjies geboor het of iets soortgelyk. Ek het 'n ou houtkrat gebruik.
2. Skadunet om onderin te sit om te verhoed dat jou wurms ontsnap.
3. Ou koerante, karton en/of droe blare -
die blare en karton kan jy gebruik vir die wurms se beddegoed, maar die
koerant is nodig om bo oor te sit en kan ook gebruik word vir beddegoed
(nog iets wat ek weier om in die vullisdrom gooi, nou kan ek dit
sommer in my eie tuin herwin!)
4. Sterk stuk plastiek om onder in my houtkrat te sit (as jy 'n plastiek krat gebruik sal dit nie nodig wees nie)
5. Kombuisafval - let daarop dat jy net groente en vrugte vir jou wurms kan voer, bene, vleis, enige vet of olie sal nie werk nie.
6. 'n Bakkie wat onder jou kas sal inpas om al die juices te vang, dit kan gebruik word as 'n aanvulling vir pot- en tuinplante.
7. Groterige klippe/gruis om dreinering in jou plaas te verseker.
8. 'n Bietjie tuingrond vir die wurms om in te bly.
9. en die WURMS!!!
Myne is sommer binne die tuingrond, want ons het hulle sommer uit
skoonpa se groentetuin uitgegrawe. Dis blykbaar nou nie die regte ding
om te doen nie, want mens het eintlik spesiale wurms nodig wat in die
kompos kan werk, maar ek sal julle laat weet hoe hulle werk ;)
10. en 'n deksel
vir jou wurmplaas. Ek het so bietjie hiervan vergeet en moes toe
inderhaas 'n paar dae later 'n plan maak toe dit begin reen!! Ons wil
nie he die outjies moet verdrink of uitdroog nie!!
Noudat ons al die benodighede bymekaar het kan ons begin.
Soek
eerstens 'n lekker skadukolletjie in jou tuin waar die kas geen direkte
sonlig sal kry nie. Hetsy dit onder 'n boom/stuik, op die stoep of
selfs in die motorhuis moet wees. Myne is teen die muur onder 'n struik
en die huis keer ook van die son in die oggend.
So maak jy:
Stap 1
Sit die plastjiek onderin jou hout kas.
(As jy 'n plastiek krat gebruik kan jy die stap uitlaat)
Stap 2
Sny
een of twee gaatjies in die plastiek waar jou kas se laagste punt is,
sodat die wurm-sappe hier kan uitloop vir jou om op te vang.
Stap 3
Sprei jou gruis egalig bo-op die plastiek uit.
Stap 4
Sit die stuk skadunet oor die gruis. Maak seker dat dit groot genoeg is om effens teen die rante op te vou.
Stap 5
Skeur die koerant of karton in repies - jy kan altyd 'n helper aanstel om hiermee te help :)
Let daarop dat dit nie van daardie blink advertensie blaaie of papbokse met die gladde buitekant moet wees nie.
Stap 6
Nou
kan jy die beddegoed vir jou wurms begin rankskik. Sit 'n redelike dik
laag van die geskeurde karton/papier onderin jou kas. Jy kan ook droe
blade uit jou tuin gebruik.
Dis altyd goed om 'n tweede opini te kry...
Stap 7
Nou
vir die effense onaangename deel (ek het, met my oorvloedige entosiasme
vir die projek, so bietjie lank voor die tyd begin om die skille
bymekaar te maak). Sit die kompos in een hoek van jou kas en bedek dit
effens met van die papier.
Stap 8
Die beste deel!! Sit jou wurms en tuingrond versigtig bo-op die kompos.
Ek kon van die wurms darm sien voordat hul almal weer vinnig in die grond verdwyn het :)
Ek
het ook vir hul 'n bietjie mis in die ander hoek gesit, maar dit is nie
noodsaaklik nie. Let wel, dat ek dit in die hoek weg van die wurms
gesit het, want dit kan geneig wees om hul te brand, so nou kan hul self
besluit of hul daar wil gaan rondkruip. Mis help altyd net die kompos
proses bietjie aan.
Stap 9
Maak
die grond bietjie nat. Jy wil dit nie deurweek sodat dit onder begin
uitloop nie, net lekker klam. Erdwurms hou mos van klam, koel
omstandighede. Dink hoe kruip hul uit op die sypaadjies en op jou stoep
na 'n ordentlike bui reen die grond deurweek het. Dis nie wat ons wil
he nie!!
Stap 10
Bedek nou al die grond met 'n laag koerantpapier. Rol dan velle koerantpapier op om die rante te seel.
Kyk hoe teleurgesteld is die Sosage nou omdat hy nie meer by al daai lekker vrot kompos kan uitkom nie hehe
Stap 11
Sit
jou bakkie onder die gaatjie wat jy in die plastiek gesny het. Ek moes
'n klip onder die ander kant sit om seker te maak dat die kas skuins
genoeg is om die sappe in die bakkie te laat loop. Dit vat nogal 'n
hele ruk vir hul om so hard te werk dat daar sappe is wat uitloop.
Stap 12
Onthou
die deksel!! Dit sal keer dat jou ertwurmplaas te nat reen of aan die
ander kant dalk uitdroog. As jou deksel baie styf pas sal jy 'n paar
gaatjies aan die kant van jou krat moet boor vir ventilasie.
Hoe om vir jou Wurms te Sorg en Geniet
*
Ek voer my wurms so een keer 'n week (op hierdie manier raak die skille
darem nie so grillerig in my emmertjie nie!). Jy kan jou wurms selfs
elke twee weke voer.
'n
Erdwurm kan elke dag sy eie gewig eet. So as jy 100g wurms ingesit het
moet jy sorg dat jy elke week tenminste 700g kos vir hul insit.
Erdwurms
teel ook net aan na gelang van die hoeveelheid kos en spasie wat hulle
het, so jy kan hopelik geleidelik meer kos vir jou wurms gee soos hul
vermeerder.
* Hou die grond klam. Spuit dit nat as die vog van die kombuisafval nie voldoende is nie.
*
As jou erdwurmplaas effens stink is dit omdat daar bietjie te veel kos
vir jou hoeveelheid wurms is. Sit 'n goeie laag papier of droe blare
bo-oor en 'n bietjie tuingrond bo-oor die vars skille sal ook help.
*
Wanneer jy dink dat jou wurms genoeg tyd gehad het (na 'n hele paar
weke, want hul vat maar 'n rukkie om oor die skok van hul nuwe tuiste te
kom) om lekker kompos vir jou te maak en jy wil dit graag oes. Gaan so
tewerk: Sit vir hulle vars kos in 'n hoekie weg van waar jy hul
voorheen gevoer het en wag 'n paar dae. Die wurms sal na die nuwe kos
toe trek en dan kan jy die kompos uithaal. Daar sal sekerlik 'n paar
agterosse in die kompos wees, maar ek twyfel of jou tuin daaroor sal kla
;) hehe
Ek dink hierdie is 'n ideale tyd om die "skoon" hoekie weer voor te berei met vars papier/blare en 'n bietjie tuingrond.
(Ek
sal jul laat weet hoe my eerste kompos-oes gegaan het - ek gee my
wurmpies maar eers nog kans om te werk, maar ek is al vrek nuuskierig om
te sien hoe hul vorder met die eerste kos wat ek ingesit het!!!)
* En moenie van die wurm-tee vergeet nie! Hulle se dis 'n wonderkuur vir siek plante en 'n fantastiese aanvulling.
Verdun
dit so: 1 deel wurmtee tot 10 dele water en dien direk op die grond
toe. Ek dink net nie dat jy dit op jou plante se blare moet laat kom
nie. Gebruik een keer 'n week, of soos nodig
Hoop
hierdie DDS sal nog 'n paar mense inspireer om 'n wurmplaas te begin en
so ons planeet en omgewing te help. Dink aan al daardie afval wat nou
nie na die klaar oorvol asgate toe gaan nie, maar liewer weer vir mooi
blomme en lekker groente in jou tuin sal sorg. En raai wat, dit het my
R0 gekos om hierdie erdwurmplaas te begin!!
Lekker tuinmaak!!
Groete
RC
xxx
Baie dankie, dis baie insiggewend en oulik geskryf. Ek gaan dit ook probeer.
AntwoordVee uitHi Lizél!
Vee uitDankie. Ek is bly dit het jou geinspireer 😊 ek moet ook weer 'n plaas begin, ons het intussen verhuis en ek moes hulle toe agterlaat. Dalk doen ek nog 'n opvolg post daaroor eendag.
Ek moet sê, hulle het die kompos proses regtig baie aangehelp 🐛
Groete
RC HANDGEMAAK 💙
Ag dis goed om te hoor. Lekker om 'n gemeenskaplike belangstelling te Kan hê. Geniet die nuwe wurms. Ek het darem nou Al n kis gekry, kort net n paar dingetjies. Goed gaan, hoor graag weer van jou!
Vee uitBaie dankie, dit was baie insiggewend en oulik geskryf. Ek gaan dit ook probeer.
AntwoordVee uitToe my seuntjie vanmiddag baie opgewonde Vir my Kom vertel dat hy erdwurms in die tuin gekry het en dat Ek Moet Kom Kyk! Hy wou hulle In 'n bakkie grond hou. Ek sê toe Vir hom nee ons Moet Google hoe 'n wurmplaas te bou. Baie van die ander webtuistes wou "fancy" kaste en wurms aan Ons verkoop so ek was so Bly om jou praktiese voorbeeld te kry. Ons het Sommer drie 5l roomys Bakke gebruik waarin ons gate gesteek het. Hoop dit gaan werk!😁
AntwoordVee uitHallo! 😀
Vee uitDaardie plan met die roomys bakke klink vir my ideaal! Veral vir die kinders op 'n kleiner skaal 😊
Ek is so bly dat ons julle kon inspireer. Ek het ook maar al die inligting op Google bymekaar gemaak 😉
Lekker boer met julle wurms. Laat weet of hulle meer word 🐛🐛🐛
Groete
RC HANDGEMAAK