Pers Kombers & Spoegdoek ste - R275
Ek het lankal die idee gehad om die eenvoudige receiving blanket in die een of ander stelletjie te kombineer, maar toe ek die pers materiaal gaan koop het, het ek dadelik geweet dat dit perfek sal werk saam met die SSS :) Ek dink die kleure komplimenteer mekaar perfek.Ek wil net dankie se vir my ma wat gehelp het om die kombersie met haar omkap masjien vir my om te stik. Ek sal haar seker 'n cut van die wins moet gee ;P of hoe se jul??
Die pers en geel komplimenteer mekaar baie mooi |
Beskrywing: *Enkel receiving blanket met omkapmasjien omgestik.
*SSS met mikrovesel agterkant en flennie bokant om baba teen te le, met skuinsstrook omgeboor.
Materiaal: *Kombersie - flennie
*SSS - mikrovesel, flennie en katoen skuinsstrook
Kleur: *Kombersie - Pers flennie met windpomp motief en afr. frases
*SSS - Pers flennie, geel mikrovesel en pers skuinsstrook
Mates: Kombersie - 90x90cm
*SSS - 55x40cm
Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie stelletjie te koop.
Die patroon vir die SSS is beskikbaar by www.sew4home.com onder Erganomic Burp Cloth.
Nou gaan ek eers my slaapbroek wat skoonma die vakandie vir my help knip het gaan stik.
Lekker aand
Groete
RC
xxx
Ek is seker daarvan jou ma het die omkapwerk met groot liefde gedoen, sonder die verwagting van 'n 'çut' hehehe =)Ek hou baie van die kleur en natuurlik die afrikaans op die materiaal!
AntwoordVee uit