Translate

Donderdag 05 Oktober 2017

Nursing Cover Scarf

Infinity Scarf Nursing Cover

This post contains affiliate links.
Read my disclaimer 
 
Hi everyone!
I'm back with another English version of an older post for you.
Hope you enjoy it!

This is such a brilliant idea!
A beautiful infinity scarf that doubles as a nursing cover!!


The concept is simple.  An infinity scarf that is cut wide enough to give mom some privacy when she wants to nurse baby.  It is also harder for sneaky little babies to pull down than a blankie draped over the shoulder.
It is also very conveniently always at hand, and one less thing that you have to remember to pack into that already overfull diaper bag!
In my opinion it is very stylish too!!  What better than a scarf to finish off a beautiful outfit.


I think this is an ideal baby shower gift (if you know that the new mommy is a candidate for breastfeeding) and something she can use long after baby has been weaned (so even if you get your info wrong 个 she will still be able to use it haha)


There are many tutorials for this scarf on the internet.

All you need is some stretchy knit fabric (because the raw edges won't fray)


I just cut mine 70x150cm and sewed the short sides together.
That's it!
The hardest part is to cut the knit fabric straight, it is a bit fiddly, but I'm sure no one would even notice if you got it a bit crooked ;P

I hope this post has inspired you to try this simple project.
And if you are not much of a sewer, this scarf is for sale
for R200 ZAR + pp

Go check out my Hello Pretty Store for more products. 

Enjoy the rest of your week, the weekend is around the corner!!
Best Wishes
RC
xxx

Donderdag 28 September 2017

Lienke's Quiet Book

Hi everyone!
As promised, I am translating a few of my older posts for you  シ

I am starting with my very first post.
Lienke's Quiet Book




I had so much fun making this book for friends of our's niece
And from what I heard, she thoroughly loves it as well.
I hope that she will enjoy it for many years to come.

 The first page is the CAT-page シ

I found my inspiration for this page on tanyahandmade.blogspot.com 

 The snow white kitty has a snug bed and bowls of food and water of course.

  The curtain can be tied back (ideal to perfect fine motor skills of little hands).
You can even see a shooting star through the window-
the star can be moved by tugging on the ribbon on either side ☆

And there is a cheeky little mouse that scampers across the floor to tease our kitty.


The second page is our DOG-page.
I got the idea for this page from Lindy J Designs' A Home For Max quiet book. 
She has some pretty cute patterns!!

This friendly pup has a cute little doghouse where he hides his ball
and a food and water bowl.
 
 He buried his bone behind a bush in the garden.
And a row of rainbow coloured flowers line the fence.
 
 Luckily he has a nice warm house to stay in when it starts to rain ♡
 
Next we have our COUNTING-page with a friendly snail.
I just LOOOVE the fabric on this page!
I also got the idea for this page at Tanya Handmade
  
 
There is a counter with 5 wooden beads. 

And I was so excited to make this page!
There is a bead underneath the fabric and you can move it around the spiral of the snail's shell.
How awesome is that?!? :D
It is very therapeutic. 

 At the top of the page I put the numbers 1-5 with beads in matching colours and numbers next to each.
 
Last we have the HOME-page
There is a tall gate in front of the house that laces up with a shoelace
(I bought the pink laces after taking the photos for this post)
I got the idea for this page at Handmade by Mom  

  
This is also the shape page.

   
The roof (triangle), sun(circle), door(rectangle) and window(square) can be stuck on with valcro.

 There is a little bird in her nest. She is attached with a ribbon, to keep her from flying away ;)

 It took me a long time to decide what to put behind the flower bush in the garden, and I am very pleased with this adorable little bunny!
 
That is it for today folks
 
Hope you enjoyed it!!
 
Best Wishes
RC
xxx 
 
Here are some links to similar products to the one's that I used to make this book, maybe I have inspired you to make your own!!
 
*These are affiliated links 
Note:  I have not tested these products, they are merely similar to the ones I used.
 
 
 

Dinsdag 26 September 2017

English Posts

Hallo all!!


I have very exciting news for my English readers!

Since I am trying to expand my blog a bit, I've decided that, from now on, I am also writing my posts in English.  I know that the translation button is available on my blog, but lets face it, it doesn't really take the word order thing very seriously.  And that can get a bit confusing!
English is also the most universal language (that I'm able to speak anyway) and it will hopefully help me to gain a few readers and even followers.

*hint*hint*
please follow me by clicking on the button on the right

Over the next few weeks, I will be going back over my archives and translating some old posts シ

Now...
I'd very much like to have your opinion on this.
Would you like to see new English posts posted separately the next day?
Or at the bottom of my Afrikaans posts, to keep everything together?
Please leave a comment below to let me know your preferences.

Also, plz follow me on Bloglovin'
It is such a nice way to keep up with all your favorite blogs.
If you've never heard of Bloglovin', then I have this helpful post to tell you all about it!

Hope to see you back here soon!

Best Wishes
RC
 xxx  

Maandag 25 September 2017

Afwesigheid Rapport ;)

*Hierdie post bevat affiliated links
 
Hallo blog-vriende!!
Hoe gaan dit met julle?

Vandag wil ek vir julle wys en vertel waarmee ek besig was in my afwesigheid...
dis goeie verskonings, ek belowe シ

PLAAS KASKENADES

Eers was ons plaas toe.
Soos julle weet is daar weinig sein en ek verkies om my tyd buite en op ander plaas dinge te spandeer, eerder as om 'n tegno-slaaf te wees.

Ek het darem vir julle 'n paar foto's geneem ♡


Onthou die sonskerm!!  Dis beslis 'n goeie idee om altyd sonskerm aan te smeer voor jy buite gaan baljaar en op die plaas is mens meeste van die tyd buite. Ek het 'n baie sensetiewe en allergiese vel en hierdie is my gunstelling sonskerm reeks.  Dit is al wat ek op hierdie stadium kan gebruik:
Garnier Ambre Solaire SPF 50 Sensitive*

 Kyk hoe belowend lyk die wolke, maar ons bid nog vir die reёn.
Ek wil sommer vir julle vra om daar waar jy nou by jou rekenaar sit asb vir ons boere te bid en vir die Here te vra om ons te seёn met reёn vir die veld, die diere en gewasse ♡

 Die lente is tog oral te bespeur ❀

My "pet"-projek op die plaas is 'n Angus vers.
Haar naam is Snifsnaf :) 

 Ek het besluit om haar te leer, sodat ek haar sal kan melk nadat sy gekalf het :D

 Hierdie is die tweede maal dat ek die halter op haar gesit het.
Sy het dit heel geredelik aanvaar :)
Ek het voor die tyd besluit dat ek vir haar 'n PIENK halter gaan koop en het toe hierdie een by Feed & Seed in PE gekoop waar ek altyd Zaan se Speedibeet kry.
 Hier is 'n soortgelyke een:
pienk halter op amazon*
 Soos julle kan sien volg ek beslis die belonings taktiek met my emmertjie vol pille.
Dit werp defntief vrugte af!!
Is sy nie te pragtag nie?!! ♡ 

TREK

 My tweede verskoning is die groot trek.

Dit voel vir my of die tyd so bietjie stil gestaan het hier in Smithfield, 'n klein plattelandse dorpie in die Vrystaat :)
Die mense se agterplase is nog yslik, elk met 'n lusernlandjie (net jammer dat die water so skaars is) en ek hoor elke oggend skape iewers blêr en beeste bulk.
Ek kan net sien hoe mens lekker hoenders kan aanhou ;)
Die kinders ry met hul een-wiel fietse in die straat en byna die hele dorp kom help om jou stukkende pyp te vervang シ
Ek het 'n idee dat ons ons tydjie hier baie gaan geniet ♡

Ek het klaar groente gesaai en vandag sien ek dat die eerste piepklein saailinge hulle blaartjies bo die grond uitgesteek het! :D

Ek skuld julle nog 'n paar foto's daarvan.

Lekker LENTE vir julle!
Hoop jou saadjies is ook al in die grond 

Groete
RC
xxx

Donderdag 31 Augustus 2017

Materiaal - perde en vragmotors

Oulike Materiaal Aankope

*Hierdie post bevat affiliated links.
 
 As jy hier op my blog 'n draai maak, hou jy tien teen een van naaldwerk...

...en as jy van naaldwerk hou, dan hou jy DEFNETIEF van materiaal!!

Kom ek wys julle wat ek onlangs gekoop het :)



Ja!  Natuurlik moet daar perde wees!!  ;)
Ek eye hierdie materiaal al sooooo lank en toe is dit op die koop nog goedkoper as wat ek gedink het!

Ek het nog nie 'n plan vir hierdie stuk materiaal nie, maar ek bȇre dit vir ietsie spesiaals vir myself  hehe dit sal ook oulik werk vir 'n stilboek

Toe ek met die rol materiaal onder die arm in die winkel rond geloop het, het 'n tannie my voorgekeer en gevra of ek die hele rol gaan koop?  Nee, gits!!
Sy wil toe ook graag daarvan hȇ om vir haar kleindogter 'n kwilt te maak en Poplap het gevra dat daar perde op moet wees.
Ek sou nogal graag wou sien hoe daardie kwilt uitgedraai het :) 
Ek sal ook nie omgee vir 'n laslappie-perde-kwilt nie!!
Dalk moet ek tog die res van daardie rol materiaal gaan opraap! ;P

Hier is 'n link vir soortgelyke materiaal met 'n groen agtergrpnd:
perde materiaal op amazon*




Hierdie stukkie materiaal is vir my net te pragtag!
Ek het ietsie pers gesoek - want ek probeer elke keer 'n stukkie materiaal in 'n ander kleur koop, sodat ek 'n groter verskeidenheid in my stash het. 
Dis toe perfek met die oulike prentjies en inspirerende Bybel versies ♡

Ek het van hierdie materiaal gebruik om vir Skoonsus 'n geskenkie te maak vir haar verjaarsdag wat al in Julie was!!
Liewer laat as nooit nie...  ons is darem nog in dieselfde jaar :) hehe

Ek sal later vir julle wys wat ek gemaak het, nadat ek dit vir haar gegee het natuurlik.


 Laaste maar dan ook nie die minste nie..
Hierdie dierbare flennie met die vragmotors op!!

Dis so min dat mens oulike materiaal kry vir seuntjies en hierdie is regtig ideaal.
Ek dink ek moet 'n kombersie en spoegdoek stel daarmee maak :)

Ek het hierdie soortgelyke flennie met wit agtergrond op Amazon gesien:
laaigraaf materiaal op Amazon*

Dit is dan al wat ek het om vir julle te wys.
Ek het al hierdie materiaal by MGE, in Port Elizabeth gekoop.

Wat sou julle met die materiaal maak?

Dit lyk vir my die lente is uiteindelik hier.  Die voȅltjies sing so vrolik en ek sien hulle is almal besig om nes te bou.  So die tyd vir kombersies maak is seker verby vir hierdie jaar.  Of is dit juis tyd om aan die werk te spring vir al die ooievaars tee's?? 

Volg my asseblief op Bloglovin ♡

Gaan kyk ook na hierdie twee posts oor ander materiaal wat ek al gewys het
materiaal 
materiaal - kabouters 

Gaan lees ook hoe om jou materiaal te organiseer

Groete
RC
xxx
 

Donderdag 24 Augustus 2017

Naaldwerkkamer Organisasie

Organisasie in die Pienk Naaldwerkkamer

*Hierdie post bevat affiliated links.

'n Hele ruk terug het ek gesȇ dat ek vir julle sal wys wanneer ek my naaldwerkkamer eendag reggepak het.

Wel, dis seker hoekom hier kouefront op kouefront hier verbykom, want ek het dit uiteindelik gedoen!!!
Maar voordat dinge beter geraak het, het dit eers baie erger geraak (soos jul op die foto's sal sien hehe)

Ek het ook nooit so ver gekom om laaitjies, rakkies en ander goedjies vir die doel te koop nie, toe moet ek maar werk met wat ek het.
Ook maar goed dat ek so sukkel om weg te gooi, want al die leȅ karton dosies het baie handig te pas gekom, en toe hoef ek nie 'n sent te spandeer nie!!  :P
Wys jou net REDUCE, REUSE, RECYCLE!! 

VOOR





Soos julle kan sien het dit WOES gelyk.  Ek het alles van een hopie na die ander geskuif en dit was 'n nagmerrie om enige iets te kry.
Maar ek het bly procrastinate, "want met daai tyd wat ek gebruik om reg te pak kan ek mos liewer naaldwerk doen"
Hmmm ja, maar ek wonder hoeveel tyd ek gemors het terwyl ek na goed moes soek???
En in sulke deurmekaargeit kan mens mos nie kreatief wees nie! 

Ek hoop dat ek nou my les geleer het en volgende keer sommer van die begin af sal regpak.
(ek sȇ ook elke keer so ;) hehe)
Dalk sal dit help om dan net weer hierdie post te lees!!

Ek hoop ek inspireer een of twee van julle om ook bietjie reg te pak, sadat daardie kreatiewe sappe weer vrylik kan vloei :)

Hier is die eindresultaat...

NA


★ Die hondebedjie is die belangrikste ding, want ek het mos twee helpertjies wat altyd naby moet wees.
★ Dan het ek twee wasgoedmandjies (eintlik het ek hulle gekoop vir iets anders, maar die projek het deur die mat geval en toe is hulle baie handig) - een vir afgehandelde projekte en een vir moet doen projekte soos stukkende klere, ens. - Ek moet die mandjies eintlik merk, want ek raak deurmekaar met die twee hehe 
Soortgelyke wasgoedmandjies op Amazon*
★ Die lessenaar gebruik ek nou vir 'n knip stasie, so ek probeer die oppervlak skoon hou van enige clutter - daar lȇ die eerste projek al en wag ;)

EERSTE LAAI


In die boonste laai van my lessenaar het ek meestal naaldwerk goed gepak.
Ek het afgesnyde karton dosies gebruik om dit te organiseer.
1.  Allerlei los goedjies, soos ekstra gare, ekstra maatband, bobbins, ens.
2.  Rekke, klitsgras en ritssluiters.
3.  Linte en kant.
4.  Knopies en kraletjies.
Agter in die laai is ook  nog plastiek houertjies met staal knippies, knopies, ringetjies en allerhande ander los goedjies in, maar mens kan dit nie mooi op die foto sien nie.

TWEEDE LAAI


In die onderste laai is my skryfbehoeftes - die lessenaar is nou die ideale plek om boekhouwerk en ander skryfwerk te doen, want dit is mos nou 'n oop oppervlak.
1.  Pennesakkies wat koki's, potlode, uitveȅrs, ens. bevat.
2.  Enige gom - kleefband, prit, bostic clear en modge podge.
3.  Allerlei skryfbehoeftes, soos 'n sakrekenaar, passer, koeverte, ens.
Agter in die laai is ook ander skryfbehoeftes soos inkleurkryte en my pons drukker :)


Hierdie rak is sowaar ideaal en ek dink dat ek beslis eendag so een in my permanente naaldwerkkamer sal opsit.
Dis nou die ideale plek vir die skootrekenaar en naaldwerkmasjien, met genoeg spasie vir albei.


Die gare is lekker byderhand op die rak naby die masjien.
Ook in afgesnyde karton dosies georganiseer 
en al die bobbins in hierdie spesiale kassie.


Die kas is ook reggepak, met al die gevoude materiaal in 'n plastiek krat - wat baie help om die stof van jou mooi materiaal af te hou
en 'n skoendoos vir projekte wat klaar is en wag om na die winkeltjie te gaan.
Agter in die hoek is ook opgerolde geskenkpapier, bruinpapier, batting, ens.
In die plastieksak bȇre ek scrapbook papier - wat ek deesdae nogal min gebruik.


Binne-in die plaskiek krat het ek ook nog 'n karton doos met groter rolle lint, kant en skuinsstrook.

Die ander materiaal kas lyk nog net dieselfde, maar dis darem maklik om die materiaal daar te kry.

 Nou het alles 'n plek en is dit sommer tjoef-tjaf om reg te pak nadat ek aan 'n projek of twee gewerk het :)

 Hoop dit inspireer julle.
As ek dit kan doen, kan enige iemand!!
En dit hoef jou ook nie 'n arm en 'n been te kos nie :)

Oja!
Amper vergeet ek!
Ek wil net solank vir julle vertel van die Basiese Naaldwerk Reeks wat ek gaan uitbring :)
Hou hierdie spasie dop!

Warm Groete
RC
xxx 

Saterdag 19 Augustus 2017

Bloglovin'

RC Handgemaak is op Bloglovin'

En wat is Bloglovin', vra julle??

Dis 'n baie goeie vraag!!
En ek het gedink om 'n kort post daaroor te skryf om vir julle te verduidelik hoe dit werk ♡



Bloglovin' is 'n platvorm wat jou toelaat om al jou gunsteling blogs te organiseer op een plek!  Dan is dit maklik om op datum te bly en die nuutste posts op jou gunsteling blogs te lees.  So as jy 'n gereelde blog leser is sal ek beslis aanbeveel dat jy hop-skop-en-oorspring-daarheen!!

 Ek het self eers nou die dag aangesluit en pluis ook nog uit hoe presies dit werk.
As enige iemand wenke het, moet jy asb. van jou laat hoor?!?  :)

 Hier is hoe ver ek al gevorder het...

❤ Maak vir jou 'n Bloglovin' rekening oop.  Al wat jy nodig het is 'n e-pos adres en 'n wagwoord.

Claim jou blog, as jy een het.
Nadat jy jou blog gekry, en aansoek gedoen het stuur hul vir jou 'n e-pos wat dit stap vir stap verduidelik
 - maar jy het hoegenaamd nie 'n blog nodig om Bloglovin' te gebruik nie!

Volg jou gunsteling blogs - dan sal al hul nuutste posts op jou feed verskyn, sodat jy NOOIT uitmis nie!
Loer hier aan die regterkant van my bladsy vir die Bloglovin' knoppie om RC Handgemaak op Bloglovin' te volg →

❤  Dan kan jy enige post LOVE♡ (wat soos 'n like is), ORGANISEER+ (in verskillende katogoriȅ) of DEEL↱ (op Facebook, Twitter of Pinterest) en ook merk as KLAAR GELEES.
Dis enige blogger se droom dat jy sommer al hierdie knoppies druk as jy van hul post gehou het ;)

Google Analytics is ook sommer ingesluit, sodat jy kan sien hoeveel mense jou profiel besoek en allerhande ander interesante data.

❤ Op hierdie manier is al jou gunsteling blogs op een plek en is dit maklik om nog blogs en posts te soek in die katogorieȅ waarin jy belangstel :)

❤ Oja!  En daar is 'n oulike funksie waar jy kan gaan kies watter soort e-posse, indien enige, Bloglovin' vir jou aanstuur (ek hou baie hiervan, want ek wil nie so baie e-posse kry nie)

...en dit is hoe ver ek die besigheid uitgepluis het!
Hoop dit spoor jou aan om daar 'n ogie te gaan gooi en dalk aan te sluit en my ook te volg!!  ;D

Geniet julle naweek verder!

Groete
RC
xxx