Laslappie Box Pouch - R300
Daar is nou net nie 'n mooi Afrikaanse naam vir hierdie een nie, so ons hou maar by die Engelse naam ;)
Ek het julle mos so 'n hele rukkie terug bietjie nuuskierig gemaak met die foto'tjies van die gekwilte lappies....
Dit het bietjie langer gevat as wat ek wou gehad het (want ek kom net nie by my naaldwerk en blog uit nie!! Ek is so jammer oor hoe ek julle die laaste ruk afgeskeep het)
maar hier dis die eindresultaat nou :)
Wat dink julle? Hy het nogal heel spoggerig uitgekom :)
maar kom ek vertel vir julle 'n geheimpie.....volgende keer gaan ek beslis eerder aanstryk facing gebruik as die stywe batting, want was dit nou 'n gesukkel om daardie laaste naatjies gestik te kry!!!!
Aan die ander kant maak dit die sakkie lekker stewig.
'n Kant detail'tjie aan die een kant.
Ek is heel in my skik met die laslappie- en kwiltwerk :)
Die binnekant is uitgevoer met blou flennie.
Ek dink dit sal ideaal wees vir 'n grimeer sakkie.
Die sakkie is 20cm lank x 13cm hoog x 12cm breed
Hy sal binnekort op my Hello Pretty Winkel beskikbaar wees.
Groete
RC
❤